Afriforum
Afriforum~5d ago

SBM | BETAALROL (PAYROLL) ADMINISTRATEUR

South AfricaSouth Africa·Pretoiamid
OtherPayroll
0 views0 saves0 applied

Quick Summary

Overview

Solidariteit Beleggingsmaatskappy (SBM) is opsoek na ‘n dinamiese betaalrol administrateur om by ons span aan te sluit.

Technical Tools
OtherPayroll

Solidariteit Beleggingsmaatskappy (SBM) is opsoek na ‘n dinamiese betaalrol administrateur om by ons span aan te sluit. Die ideale kandidaat sal verantwoordelik wees vir die administrasie en bestuur van verskeie menslikehulpbronprosesse, insluitend salarisadministrasie, mediese fondse, statutêre betalings, verlofbestuur en posgraderings. Die pos is in Menlo Park, Pretoria gebaseer.

Om vir hierdie pos te kwalifiseer, benodig jy ʼn ‘n drie jaar B-graad in Menslikehulpbronbestuur of verwante kwalifikasie. Drie tot vyf jaar ondervinding in betaalrol administrasie is ‘n verdere vereiste. Sertifikate in payroll en Excel en kennis van Payspace en Eco-Time sal voordelig wees. Ervaring van menslikehulpbronprosesse en personeelstelsels, asook sterk organisatoriese vaardighede en goeie menseverhoudinge sal in die kandidaat se guns sal tel. ’n Goeie uitgebreide kennis van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Arbeidswetgewing, Persoonlike Inkomstebelastingwetgewing en -administrasie sowel as POPI wetgewing sal voordelig wees.

Verantwoordelikhede sluit in, maar is nie beperk nie, tot die volgende:

    • Volledige verwerking van maandelikse betaalrolle.
    • Opstel van betaalstrokies.
    • Akkurate dataverwerking, rekonsiliasie en balans van salarisse voor uitbetaling.
    • Oplossing van data-afwykings en voorbereiding van verslae vir alle maatskappye.
    • Verantwoordelik vir derde party betalings na betaalrol en bewys aan verskaffers.
    • Korrekte vaslegging van klokstate, oortyd, skoftoelaes, verlof, lenings, en lasbriewe.
    • Volledige administrasie van alle UIF- en Vergoedingskommissaris prosesse, insluitend registrasies, maandelikse verklarings, eise en tydige indiening van vereiste dokumentasie aan die Departement van Arbeid.
    • Bestuur van die volledige EMP201- en EMP501-proses, insluitend maandelikse indienings, belastingstate, ETI-administrasie en halfjaarlikse/jaarlikse verslagdoening aan SAID.
    • Akkurate verwerking en administrasie van mediese fonds- en voorsorgfondsbydraes vir verskeie maatskappye, insluitend maandelikse aftrekkings en opdatering van inligting.
    • Monitering en administrasie rakende tydklokstelsels

    Vaardighede en eienskappe wat tot jou voordeel sal strek: Uitstekende tydbestuur en administratiewe vaardighede; Die vermoë om vinnig nuwe stelsels en prosesse aan te leer en by ’n dinamiese werksomgewing aan te pas; vermoë om met vertroulikheid en akkuraatheid te werk; goeie interpersoonlike en kommunikasievaardighede; sterk organiserings- en prioritiseringsvermoë; die vermoë om goeie menseverhoudinge te handhaaf; projekbestuur en opvolging; 'n ondersteunende en oplossingsgerigte ingesteldheid; uitstekende skryf- en taalvaardigheid; ervaring in die opstel en voorbereiding van betaalrol- en HR-dokumentasie; en gevorderde tik- en rekenaarvaardigheid, veral in MS Office en Excel.

    Verder sal daar vereis word dat daar ten alle tye take uitgevoer word met ʼn uiterste sin vir akkuraatheid, vertroulikheid en dringendheid vir effektiewe dienslewering.

    Indien jy nie binne drie weke ná die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan jy aanvaar dat ander kandidate vir die pos oorweeg is.

    Location & Eligibility

    Where is the job
    Pretoia, South Africa
    On-site at the office
    Who can apply
    ZA

    Listing Details

    First seen
    April 30, 2026
    Last seen
    May 5, 2026

    Posting Health

    Days active
    5
    Repost count
    0
    Trust Level
    36%
    Scored at
    May 6, 2026

    Signal breakdown

    freshnesssource trustcontent trustemployer trust
    Afriforum
    Afriforum
    breezy
    Employees
    30
    Founded
    2006
    View company profile
    Newsletter

    Stay ahead of the market

    Get the latest job openings, salary trends, and hiring insights delivered to your inbox every week.

    A
    B
    C
    D
    Join 12,000+ marketers

    No spam. Unsubscribe at any time.

    AfriforumSBM | BETAALROL (PAYROLL) ADMINISTRATEUR